Modulekode | FIL 110 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Inleiding tot die Filosofie Die twee semestermodules in die eerste jaar bied studente ? inleiding tot die vier hoof- onderafdelings van Filosofie, te wete epistemologie, metafisika, etiek, en politieke filosofie. Hierdie module bied‚ ’n inleiding tot twee van hierdie onderafdelings. Studente moet die Departement Filosofie kontak om vas te stel watter twee onderafdelings in watter semester aangebied word, aangesien die keuse mag wissel van tyd tot tyd op grond van beskikbaarheid van onderrigpersoneel. Studente sal bekendgestel word aan die aard van filosofiese nadenke deur ’n aantal klassieke filosofiese temas in elke onderafdeling te ondersoek. Regdeur die module word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van daardie kritiese denk-, lees- en skryfvaardighede wat in die Filosofie vereis word, terwyl studente bekendgestel word aan die krag van kritiek as onderskeidingsvermoë en oordeelkundigheid. |
Modulekrediete | 12.00 |
Programme |
BA Beeldende Kunste
BA Geesteswetenskappe BA Regte BA Tale BA Verlengde program BA Visuele Studies BPolSci Internasionale Studies BPolSci Politieke Studies BSocSci Bedryfsosiologie en Arbeidstudies BSocSci Filosofie, Politiek en Ekonomie BSc Inligting- en Kennisstelsels BSc Rekenaarwetenskap LLB Regsgeleerdheid BDiv BTh |
Diensmodules | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie Fakulteit Regsgeleerdheid |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 lesings per week, 1 besprekingsklas per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Filosofie |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App